Riglyne vir lede en huurders

Gedragsreëls

Algemene Gedragsreëls

Die Grondwet van die Vereniging maak voorsiening vir sanksies vir wangedrag wat die heffing van boetes mag insluit (klousule 8.8.3).  Die Gedragsreëls het ten doel om die harmonieuse saambestaan te verseker en die waarde van lede se eiendomme in die Vakansiedorp-gebied te beskerm.

Hierdie gedragsreëls is van toepassing op alle Lede van die Vereniging.  Lede bly verantwoordelik en aanspreeklik vir die nakoming van die gedragsreëls deur hulle huurders, enige persone wat die huis bewoon, sowel as werknemers, gaste en besoekers.  Vertoon asseblief die dokument op ‘n opsigtelike plek in u huis.

Motorvoertuie

Die spoedgrens binne die Vakansiedorp is 30 km/h.

Bestuurders moet te alle tye bedag wees op voetgangers en kinders.

Alle motorvoertuie moet op die eienaar se eie erf geparkeer word waar moontlik.  Dit geld ook vir huurders en gaste.

Geraas

Geen geraassteurnis, hetsy deur klanktoestelle of luide geselskap, word toegelaat binne die volgende tye nie:

Geen stokperdjies of ander bedrywighede wat steurende geraas veoorsaak, word toegelaat nie.

Geen hinderlike of steurende geraas, of roekelose bestuur, ten opsigte van motors, duinebesies of motorfietse is toelaatbaar nie.

Bou/Konstruksie

Geen bouwerk of enige strukturele veranderings binne of buite ‘n woning mag begin voordat die planne deur die Vereniging gestempel is en daarna deur die Munisipaliteit goedgekeur is nie.  Bouwerk moet binne 2 jaar vanaf datum van aanvang voltooi word.  ‘n Kopie van die Bewoningsertifikaat, asook van die Voldoeningsertifikate vir die elektriese installasie, sowel as vir die gasinstallasie (indien van toepassing) moet by die Vereniging ingedien word.

Slegs 1 persoon word toegelaat om voltyds op die bouperseel te bly as ‘n wag.  ‘n Voorwaarde is dat die identiteit van hierdie persoon by die Vereniging se sekuriteitsdiens geregistreer moet wees.

Bouery, insluitend enige bou-aktiwiteit op die bouperseel, soos loodgieterswerk, skrynwerk ensovoorts, mag op Saterdae slegs tot 13h00 voorgaan en geensins op Sondae en op openbare vakansiedae nie.  Alle bou-aktiwiteite moet op 15 Desember gestaak word en die terrein moet opgeruim word.  Aktiwiteite mag slegs hervat word vanaf die Maandag van die tweede volle week in Januarie.

Troeteldiere

Honde, katte en ander troeteldiere mag net in ooreenstemming met die munisipale regulasies aangehou word.  Daarvolgens word troeteldiere slegs toegelaat op die Lid se erf, en slegs aan ‘n leiband van die erf af.

Indien aan ‘n leiband van die erf af, moet alle ontlasting opgetel word.

Strengs munisipale reëls geld ten opsigte van honde op die strandgebied en wandelpad.

Sakebedrywighede

Geen besigheid mag vanaf enige Erf bedryf word sonder die skriftelike toestemming van die Bestuursraad nie.  Sodanige toestemming is onderhewig aan Munisipale Regulasies.  Toestemming mag te eniger tyd, sonder opgawe van redes, deur Bestuur teruggetrek word.

Geen smouse, kollektante of deur-tot-deur-verkope word toegelaat nie.

Kampering

Kampering in karavane/tente op Erwe is verbode.

Vuurwerke

Geen skiet van klappers/vuurwerke/Chinese lanterns word deur die Munisipaliteit binne die munisipale gebied van Mosselbaai toegelaat nie.  Dus ook geensins binne die Vakansiedorp-gebied nie.

Instandhoudingstandaarde en Algemene Netheid

Lede is verplig om die buitekant van hul woning en die res van hul Erf in aanvaarbare toestand te hou wat nie afbreuk doen aan die voorkoms en eiendomswaarde van die Vakansiedorp-gebied nie.  In gevalle van verwaarlosing of verval kan die Bestuursraad vereis dat die eienaar die nodige doen om die situasie om te keer.  ‘n Redelike tyd vir die aanvang en vir voltooiing kan gestel word.

Geen ophoping van tuinvullis, boumateriaal, motorwrakke en/of ander afval word toegelaat op Erwe nie.  Slegs maandelikse grassnydiens word deur die Vereniging voorsien.

Die verskillende tipes afval word op verskillende dae verwyder en moet in die korrekte kleur sak geplaas wees.  Vullissakke moet buite sig van die straat af op ‘n Lid se eie Erf gehou word.

Geen sakke mag voor sononder die voorafgaande dag op die sypaadjie voor elke betrokke Lid se eie huis geplaas word vir verwydering die volgende oggend nie.

Onwelriekende afval of materiaal soos verrotte vis, aas, babadoeke ens. moet op so ‘n manier geberg of weggedoen word dat dit nie omliggende inwoners pla of aanstoot gee nie.

Bome binne die erfgrens is die verantwoordelikheid van die Lid.  Dit sluit in die afsaag en wegry van oorhangende takke wat verkeer belemmer.  Die herstel van enige skade veroorsaak deur byvoorbeeld so ‘n boom se wortels aan gemeenskaplike eiendom, soos randstene of strate, sal van die Lid verhaal word.

Lede mag geen bome of struike op sypaadjies of enige ander gemeenskaplike eindom plant nie.

Vure

Braaivleisvure word slegs toegelaat in braaigeriewe soos geboude braaiplekke, braaiketels en ander braaiers.

Geen materiaal of rommel mag verbrand word op die Lid se eie Erf, aanliggende Erwe of enige ander oopruimte nie.

Diensverskaffers

Lede mag hul nie direk bemoei met aktiwiteite van die Vereniging se diensverskaffers soos byvoorbeeld die grassnydiens of sekuriteitsdiens nie.

Geen Lid, huurder of besoeker mag opdragte gee aan enige diensverkaffer van die Vereniging nie.

Dit is verbode om in te meng met diensverskaffers, met hulle te argumenteer, of hulle te skel of vloek.

Alle klagtes of besware moet by die administratiewe beampte of enige bestuurslid aangemeld word – verkieslik skriftelik.

Oortreding van bostaande gedragsreëls

Aanmeldingspunt:  Rapporteer by Sekuriteit wat die nodige stappe en prosesse sal volg.

Die Bestuursraad sal dit verder met die Lid op die volgende wyse hanteer:

Munisipale verwydering van afval - slegs ter inligting

Elke Erf ontvang elke drie maande ‘n aantal swart sakke (vir huishoudelike afval), blou sakke (vir herwinbare materiaal – papier, glas, blikkies en plastiek:  geen “foamalite”) en groen sakke (vir tuinafval).  Lede moet toesien dat huurders kennis dra hiervan EN ook genoeg sakke laat vir die huurders.  (Kan aangevra word van sekuriteitsbeampte).

Die sakke word tans soos volg verwyder:

Alle sakke moet binne die Lid se eie erf gehou word tot na sononder die aand voor die sakke opgelaai word.

Gedurende die Desember-vakansie reël die Vereniging vir addisionele verwydering van swart sakke