Meer oor ons

Geskiedenis

Hoe ons ontstaan het

Ons totstandkoming in 1995

Die vereniging bestaan uit 403 eienaars en het tot stand gekom na vertoë en gesprekke met die ATKV deur die voormalige huurperseel eienaars van dieselfde eiendomme. Die bepalings van die huurkontrakte was dat, ses maande nadat kennis gegee is, die persele ontruim moes word en dat die struktuur op die perseel verwyder moet word.

Vandaar die geboue wat uit hout en asbes gebou is. Op 1 April 1995 het die huurders die geleentheid gekry om die erf te koop. Pryse is op grond van waardasies bepaal.

In die volgende twee jaar is die proses afgehandel en het al 403 huurders die trotse eienaars van ‘n erf op Hartenbos geword. Een van die voorwaardes vir die koop was dat die eienaars deel sal wees van ‘n Huiseienaarsvereniging wat ‘n aantal pligte en verantwoordelikhede het.

Die belangrikste hiervan is die verantwoordelikheid vir die oop areas en die instandhouding van die paaie en stormwater afvoer.

Regulasies & heffings

ATKV se rol vandag

Onder die huur bedeling het die ATKV op versoek van die toenmalige huurders die gras maandeliks gesny en die gebied met sy sekerheid personeel gepatrolleer. Die koste hiervan is in die jaarlikse huur ingesluit.

Die instandhouding take was noodsaaklik aangesien die eienaars meesal ver van Hartenbos gewoon het wat eie instandhouding van die erwe.

Met die oorgang na eienaarskap het die lede van die vereniging besluit dat die dienste voortgesit moet word. ‘n Versoek wat op latere geleenthede weer bevestig is. Die koste hiervan is deel van die heffing wat deur die bestuur uit die begroting finansier word in terme van die konstitusie van die vereniging.

Soos uit die konstitusie gesien kan word, word die vereniging bestuur deur ‘n bestuur wat jaarliks op die ledevergadering gekies word. Die pligte en verantwoordelikhede van die bestuur word in die konstitusie gereël.